Galleria Borghese

Galleria Borghese
'n Beeld van die museum.

Openingsjaar 1903
Tipe museum Kunsmuseum

Die Galleria Borghese (Afrikaans: Borghese Galery) is 'n kunsgalery in Rome, Italië wat in die voormalige Villa Borghese Pinciana gehuisves word. Die gebou van die galery was aanvanklik met die omringende tuine geïntegreer, maar deesdae word die Villa Borghese-tuine as 'n afsonderlike toeristeaantreklikheid beskou. Die Galleria Borghese huisves 'n groot deel van die Borghese versameling van skilderye, beeldhouwerke en oudhede wat deur Kardinaal Scipione Borghese, die neef van Pous Paulus V (regeer 1605–1621), begin is. Die Villa is gebou deur die argitek Flaminio Ponzio, gebaseer op sketse deur Scipione Borghese self, wat dit gebruik het as villa suburbana, dit wil sê 'n plattelandse villa aan die rand van Rome.

Scipione Borghese was 'n vroeë beskermheer van Bernini en 'n ywerige versamelaar van werke van Michelangelo Merisi da Caravaggio, wat goed verteenwoordig is in die versameling by wyse van sy Seun met 'n Mandjie Vrugte , Die skrywende Sint Jerome, die Die Jong en Siek Bacchus, en andere. Ander noemenswaardige skilderye sluit Titiaan se Helige en Onhelige Liefde, Raphael se Begrafnis van Christus en werke van Peter Paul Rubens en Federico Barocci in.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search